Kennisgewing
Indien die inligting van 'n veld nie beskikbaar is nie, vul asseblief die leemte met " NVT "
Aanmeldingsvorm
Kliek hier om die aanmeldingsvorm aftelaai

Acrobat Reader sal
benodig word.
As jy dit nie het
nie kan dit
hier afgelaai word.
Of

Vul die aanlynvorm hier in.
Kontak Besonderhede
Telefoonnommer:  012 333 0304
Selfoonnommer:      084 271 4777
Faksnommer:             086 210 6920
e-posadres:                    inligting@projek2010.co.za

Posadres:                       Collinslaan 1241
                                              Moregloed
                                              Pretoria
                                              0186
Donasies
Bank:                      Standard Bank
Rek. Tipe:             Tjek
Rek. No:                 27 124 0490
Takkode:               01 05 45
Verwysing NB!   Projek2010

Donasies vir die instandhouding en verdere ontwikkeling van die tuiste sal waardeer word.
Aantal Besoekers

free counters

Projek 2010

Mediaverklaring

13 Julie 2010

 

Afname in misdaad blyk ‘n leuen te wees

 

Die afgelope tyd, gedurende die wêreldbeker sokker, is die indruk geskep dat misdaad oor die algemeen afgeneem het.  Daar is wel hier en daar melding gemaak van toeriste wat deurgeloop het onder inbrake en diefstal, maar van wrede moorde en veral plaasmoorde is daar feitlik geen melding gemaak nie.  Die omvang hiervan is dat Projek 2010 nie een enkele moord op ‘n volksgenoot tydens die sokker kon aanteken nie.

 

Daar is net twee moontlike verklarings hiervoor.  Die eerste is dat die media soos een man geswyg het oor misdade en veral plaasmoorde wat Suid-Afrika in ‘n swak lig in die buiteland sou kon stel.  Die tweede moontlikheid is dat die misdadigers inderdaad gehoor gegee het aan die regering se oproep om hulself te gedra.  Dit dui op ‘n kommerwekkende band wat daar tussen die regering en die moordenaars bestaan.

 

(Volgens berigte op 9 Junie 2010 het die regering ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hulself tydens die sokker te gedra)

 

Dit wil egter voorkom of die media tog oor verskeie voorvalle geswyg het, as daar gelet word op ‘n mediaverklaring van die Donkerhoek Verkenners op 7 Julie 2010, waarin hulle meld dat aanvalle in hul gebied drasties toegeneem het.  Om die verswyging verder te bevestig, verskyn daar ook op 12 Julie 2010 ‘n berig wat melding maak van ‘n moord op ‘n bejaarde dame in die Wolmaranstad gebied, reeds ‘n week van te vore.

 

Die gevolgtrekking wat Projek 2010 hieruit maak, is dat die hoofstroom media nie vertrou kan word om die inligting rakende die aanslag wat daar teen ons as volk woed bekend te maak nie.  Ons doen dan hiermee weer eens ‘n dringende beroep op volksgenote met inligting oor moorde, om seker te maak dat die inligting aan ons deurgegee word, indien ons dit nie reeds het nie.  Dit is ons volk se plig om hierdie inligting bymekaar te maak en vir ons nageslag te bewaar.  Niemand anders gaan dit vir ons doen nie.

 

 

 

Projek 2010-span

083 600 9668

www.projek2010.co.za


Om die name en besonderhede te verkry van alle Afrikaners wat vanaf 1 Januarie 1994 deur swartes vermoor is, ten einde te verseker dat die volk nie in die toekoms aan “geheueverlies” ly nie. Om die inligting op datum te hou (nuwe gevalle by te werk) totdat die Afrikaner in vrede en veiligheid in ’n eie staat kan lewe.

Enige volk het die plig en verantwoordelikheid om die gebeure wat hom raak op skrif te stel en vir die nageslag te bewaar. Indien daardie gebeurtenisse ‘n belangrike invloed op ‘n volk se lewe en voortbestaan het, maak dit die plig nog soveel meer belangrik.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (Tweede Engelse Oorlog) het daar ongeveer 27 000 vrouens, kinders en bejaardes in Britse Konsentrasiekampe gesterf, waarvan die grootste gedeelte kinders was. Dit is een van die grootste oorlogsmisdade in die moderne tyd. Die meeste van die name van die slagoffers is aangeteken en vorm deel van die Boere-, Afrikanervolk se geheue, ook vir die toekomstige geslagte. As dit nie so was nie sou die volk aan geheueverlies gely het oor hierdie groot saak en sou die vergryper daarmee weggekom het.

Sedert 1994 se ANC-oorname is daar volgens berekenings reeds meer as 20 000 van ons volk deur volksvreemdes vermoor ten aanskoue van die regime. Weens verskillende redes, waarvan sommige nie te onskuldig is nie, kan hierdie inligting nie verkry word nie. As daar dus nie ‘n doelbewuste poging aangewend word om die inligting te verkry, te verifieer en aan te teken nie, sal die tragedie nooit behoorlik aan die lig kom nie. Dit sal beteken dat ons volk aan geheue verlies ly en dat toekomstige geslagte nie daarvan bewus sal wees nie.

Ons het ook in Suid-Afrika ondervind hoedat ware feite dikwels ontken word en deur die leuen dan te herhaal word die waarheid versmoor. Indien die name en ander inligting van die slagoffers verkry en bewaar word is dit nie so maklik om die waarheid te onderdruk nie.

Fondse om die projek suksesvol deur te voer is oor die afgelope twee jaar byeengebring deur dit rand vir rand onder volksgenote in te samel. Dit is elke volksgenoot se dure plig om aan die projek, bekend as PROJEK-2010, deel te neem en die inligting met spesiale moeite te verkry op welke wyse ookal en aan die projekspan deur te stuur.


Wee die Land van Verdriet

"En die dag toe hy die swart keppie op sy kop kry, toe sê hy nou kom hy plaas toe; die enigste plek in die hele wêreld waar hy wil wees.

Ons kon vir hom die onderste kamp afsny, Meneer, sodat hy sy eie ding daar kan doen. En hy het goed aangegaan. As die Here genadig was met die reën, was die oeste goed.

Later het hy ook met die beesgoed begin. Hy was lief vir sy diere. As enetjie olik was, het hy sommer maklik die hele nag daar by die kamp rondgedwaal om te kyk dat die dier nie ly nie.

Dis oor hierdie ding dat ek nou vir u skrywe, Meneer. Want dit is hierdie ding wat my klaarmaak." Lees Verder

AANTAL MOORDE GEDURENDE
MEI 2010: 9