| 30-Jan-2012 |
Hendrik Johannes Cilliers
| Stella | NOORDWES |
Geboortedatum beraam
Houe en kopskoot vir boer
2012-01-30 21:21
Die vermoorde mnr. Boet Cilliers saam met drie van sy kleinkinders, mnr. Johan Cilliers (19) Gideon Niewoudt (10) en Annemie Niewoudt (13).
Alta Snyman
Die lyk van ’n 77-jarige boer is die naweek vasgebind aan ’n boom en met ’n koeëlwond in die voorkop op sy plaas naby Stella in Noordwes gevind.
Hy is ook erg geslaan.
Sy bakkie, wat verlate langs die pad gestaan het, het Sondag 19:00 daartoe gelei dat mnr. Hendrik Johannes (Boet) Cilliers se lyk naby die huis op sy plaas, Erfdeel, gekry is.
Hy het sy hele lewe lank op die plaas gewoon. Dit is sowat 15?km van Stella af op die pad na Mafikeng.
Volgens mnr. Jaco Scholtz van Stella was Cilliers se bene ook vasgebind en hy is erg aangerand.
Kapt. Aafje Bothma, polisiewoordvoerder, het bevestig daar is ook ’n skietwond in sy voorkop.
Scholtz het gesê mnr. Theo Scholtz, een van Cilliers se bure, het sowat 3 km van Erfdeel langs die pad op die wit Nissan 1400-bakkie afgekom. Hy het die polisie gebel.
Verskeie ander mense wat die bakkie daar sien staan het, het die polisie ook gebel en na Cilliers se huis gery. Hulle het gesien die huis is deurmekaar, maar daar was geen teken van hom nie. Hy is sowat 30 m van die huis gekry.
Cilliers, ’n wewenaar, het alleen gewoon.
Cilliers se familie vermoed hy is oorval terwyl hy besig was om ’n draad by die kraal reg te maak.
“Die oom het gewoonlik geld by hom gehad en daar was niks toe hy gekry is nie,” het Jaco Scholtz gesê.
Cilliers het drie kinders, Chris (47), me. Ansa Nieuwoudt (45) en Willem (42). Hy het ook sy kleinseun mnr. Johan Cilliers (19) grootgemaak.
“Oom Boet was vir hom ma en pa. Ek het met Johan probeer praat, maar hy is in ’n verskriklike skoktoestand,” het Jaco Scholtz gesê.
|
| 24-Jan-2012 |
Lavelle Theron
| Durban | KWAZULU-NATAL |
|
| 22-Jan-2012 |
Francois Du Toit
| Roossenekal | LIMPOPO |
Gesiene in landbou op sy plaas vermoor
2012-01-23 22:33
Mnr. Francois du Toit van Roos¬senekal in Limpopo is gisteroggend op sy plaas vermoor. Foto: DAILY MAIL
Marietie Louw-Carstens
’n Boer en bekende in landboukringe is gisteroggend koelbloedig op sy wildplaas buite Roos¬senekal in Limpopo doodgeskiet.
Nadat mnr. Francois du Toit (38) geskiet is, het die aanvallers sy vrou, Eunice, en hul twee jong kinders met kabelbinders vasgebind.
Du Toit was ’n voedingskundige by Alzu Voere in Middelburg, Mpumalanga.
Hy en sy gesin het op die wildplaas sowat 30?km buite Roos¬senekal gewoon. Sy ouers woon in ’n ander huis op die plaas. Pa en seun het saam geboer.
Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê Du Toit het gisteroggend ná 01:00 iets buite die huis gehoor.
Hy het opgestaan om ’n pistool uit ’n kluis te haal.
Drie aanvallers het intussen in die huis ingekom. Dit is nog onduidelik presies waar en hoe hulle ingekom het.
Du Toit is in die maag geskiet.
Volgens Otto het hy glo teruggeskiet op die drie mans. Nie een van hulle is gewond nie.
Du Toit is daarna nog ’n keer agter die oor geskiet.
Die aanvallers het toe me. Du Toit, die egpaar se seun, Francois (12), en dogter, Stephanie (9), na ’n lapa buite die huis gevat.
Hul hande en voete is met kabelbinders vasgebind.
Die aanvallers het twee gewere, twee pistole, geld en selfone uit die huis gesteel.
Hulle het toe in Du Toit se twee Nissan Navaras gevlug. Die swaar gewonde mnr. Du Toit het toe nog gelewe.
Nadat hulle weg is, het me. Du Toit, terwyl sy vasgebind was, op die grond aangeskuifel tot waar sy ’n skerp voorwerp kon kry om haar los te sny.
Sy het die bure oor die tweerigtingradio ontbied.
Mnr. James Language was van die boere wat eerste opgedaag het. Die bure het mnr. Du Toit in ’n voertuig probeer kry, maar hy is in hul rms dood, het ’n vriend gesê.
Language wou gister nie uitwei oor wat gebeur het nie.
’n Vriend van Du Toit wat nie genoem wil word nie, het gesê hy was baie betrokke by sy medemens. “Hy was ’n goeie, goeie mens. ’n Leier-boer,” het die man gesê.
Du Toit was veral bekend onder lede van die Melkprodusente-organisasie (MPO).
“Wat gebeur het, is verskriklik en baie hartseer,” het ’n boer wat daar naby boer gesê.
Volgens Otto het die aanvallers een van die Navaras op die plaas gelos.
Die ander voertuig is ’n ent van die plaas gekry. Dit is nie duidelik of hulle toe te voet gevlug en of makkers hulle opgelaai het nie.
Die polisie en boere het die gebied gister gefynkam.
Die Du Toit-familie was gister te geskok om met Beeld te praat. Niemand is nog teen druktyd aangekeer nie.
Geboortedatum beraam
|
| 22-Jan-2012 |
Frans Van der Linde
| Brits | NOORDWES |
012-01-23 22:32
Gerhard Pretorius
Hulle moes ’n bruilof reël. Nou reël hulle ’n begrafnis.
Die swanger voornemende bruid en haar verloofde het in die vroeë oggendure op ’n hoewe buite Brits weggekruip en gehoor hoe twee rowers haar ma aanrand en haar pa skiet.
Me. Yolandi van der Linden (27) en mnr. Gerhard Coetzee (26) het vir hul lewe gevrees terwyl die rowers mnr. Frans (57) en me. Elizabeth (52) van der Linden Sondag omstreeks 03:00 aangerand het.
Van der Linden sr. het later aan sy skietwonde, in die bors en regtersy, beswyk.
Van der Linden jr. en Coetzee sou eerskomende Saterdag trou en haar ouers het van Lichtenburg af Brits toe gekom om die laaste bruilof-
reëlings te tref.
Die vier het op Coetzee se ma, me. Jackoline Botha (61), se hoewe in Rashoop, sowat 13 km van Brits, oornag. Me. Botha was nie tuis nie.
Die betraande paartjie het gister gesê dat hulle nou pleks van ’n troue ’n begrafnis moet reël.
Coetzee het gesien hoe die rowers sy aanstaande skoonpa in die gang aanrand met iets wat soos ’n knuppel lyk voordat hulle hom in ’n kamer ingeboender het.
Coetzee het hul kamerdeur toegetrek en onder die bed gaan wegkruip, terwyl me. Van der Linden in die klerekas geskuil het.
“Ons het gehoor hoe gil hulle op my pa-hulle: ‘Waar is die geld? Waar is die geld?’, en toe hoor ons twee skote.
“Ná die bakleiery het als doodstil geword en ek het gewonder of altwee dood is of wat hulle nou met my ma doen,” het Van der Linden jr. gesê.
Nadat die rowers gevlug het, het mnr. Van der Linden by
sy dogter se kamer ingestrompel om te hoor of hulle beseer is.
“Hy het op ons bed gelê en bloei en na sy asem gesnak. Ons het so magteloos gevoel. Ek kon niks doen om hom te help nie,” het Coetzee gister in trane vertel terwyl hy sy verloofde troos.
Die polisie, ’n veiligheidsmaatskappy en ambulansdiens was gou op die toneel nadat ’n buurvrou die noodknoppie gedruk het.
Mnr. Van der Linden is egter in die ambulans dood.
Sy vrou is met die knuppel op die bene geslaan.
Die rowers het met ’n beursie, selfoon en twee horlosies gevlug.
Van der Linden jr. het gesê dit voel of sy enige oomblik wakker gaan word en dan is haar pa weer daar om haar uit die nagmerrie te kom haal.
“Hoekom moes hulle my ouers seermaak? Kon hulle nie net gevat het wat hulle wou hê en geloop het nie?”
Die paartjie sê mnr. Van der Linden het daarna uitgesien om ’n nuwe kleinding in die familie te hê.
“My pa was ’n liefdevolle man wat op sy gelukkigste was as sy vrou en kinders gelukkig was.
“My pa is my held en ek gaan hom ongeloofl
Geboortedatum beraam
|
| 22-Jan-2012 |
Johan Geyer
| Pretoria | GAUTENG |
Rowers skiet man in die rug
2012-01-24 21:43
’n Polisielid verduidelik eergisteraand hoe hulle drie rowers in Menlopark in die ooste van Pretoria gaan soek
Gerhard Pretorius
’n Man is eergisteraand in Pretoria deur drie rowers oorval en in die rug geskiet terwyl hy vir sy gesin kos gemaak het.
Mnr. Johan Geyer was net voor 21:00 eergister in Hazelwoodlaan in Brooklyn, Pretoria, in sy kombuis besig toe die rowers hom oorval het.
“Die polisie ondersoek hoe die mans in die huis ingekom het,” het ao. Annabelle Middelton, polisiewoordvoerder, gesê.
Mnr. Jaco La Cock, ’n buurman, het Geyer se vrou, Linsey, wat op die tweede verdieping van die huis saam met hul seun was, hoor gil en in sy Mitsubishi Pajero gespring om te gaan vasstel wat aangaan.
La Cock het die mans in die straat gesien. Nadat hy sy voertuig aangeskakel het, het hy besef hy het nie sy selfoon by hom nie. Hy het die huis ingehardloop om sy foon te kry.
“Toe ek weer by my motor kom, was hulle so 10 m weg en ek het gesien die een het ’n geweer in sy hand.
“Ek het dadelik gegil: ‘Whoa! Whoa! Whoa! en my rug op hulle gedraai.
“Hul aandag was nie op my gefokus nie en hulle het in my motor geklim en weggejaag.
“Ek het (die voertuigop¬sporingsmaatskappy) Tracker gebel en hulle kon toe sien waar my voertuig ry,” het La Cock gesê.
Hy is toe na Geyer se huis vanwaar hy dr. Hans Jacobs, sy swaer, gebel het om te kom help.
Dié het Geyer probeer stabiliseer totdat paramedici opgedaag en hom met ’n skietwond deur sy rugstring na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem het.
’n Polisievoertuig van Garsfontein het die Pajero in Atterburyweg gewaar en agternagesit.
Middelton het gesê die rowers het voor die Hoërskool Menlopark stilgehou, uit die Pajero gespring en weggehardloop.
Twee van die drie rowers het mnr. Paul de Beer en sy vrou in hul oprit in Whystraat voorgekeer en hul Mercedes-Benz probeer kaap.
Dit lyk of daar ’n struweling tussen die rowers en De Beer, wat vermoedelik in sy 60’s is, was en hy is in die arm geskiet.
Die rowers het toe van die toneel gevlug.
De Beer is daarna per ambulans na die Little Company of Mary-hospitaal in Groenkloof geneem.
Lede van die Brooklyn-, Garsfontein- en Villieria-polisiekantoor saam met Tshwane-metropolisielede en Hi-Risk-veiligheidsdienste het tot gisteroggend vroeg ’n grootskaalse soektog na die mans aangepak.
Middelton het gesê daar is nog geen verdagtes aangekeer nie.
Die koeël wat Geyer getref het, het glo ook skade aan sy maag en lewer aangerig.
Die rowers het niks in sy huis gebuit nie.
Sy vrou het gesê hy is steeds in ’n kritieke toestand.
De Beer se familie het nie op navrae gereageer nie en dit is onbekend wat sy toestand is.
Lede van die polisie soek eergisteraand in Menlopark, in die ooste van Pretoria, na drie rowers op soek na drie rowers wat glo mnr. Johan Geyer in sy rug geskiet en later mnr. Paul de Beer in sy arm geskiet het. Hulle het ook mnr. Jaco La Cock se Mitsubishi Pajero gekaap. Foto: Gerhard Pretorius
Geboortedatum beraam
|
| 21-Jan-2012 |
Micheal Stenger
| Nelspruit | MPUMALANGA |
2012-01-21 Nelspruit employee Michael Stenger was at work at the company Sound Systems when four armed black males arrived at 09:30 in a luxury BMW on Saturday Jan 21 2012 at the smallholding where the business is located. In the resulting firefight between his employer Charles Loram and the armed gang, Mr Stenger was killed: he was being used as a human shield by the gang. Forensic tests will have to determine who fired the fatal shot.
Loram saw from his bedroom window that Mr Stenger had a black bag pulled over his head and when he stormed into his business with his .38, two gunmen fired shots at Loram. Mr Stenger was hit and the gang dragged Mr Stenger into an adjacent office, and held the injured man in front of them while exchanging fire with the owner.When Mr Loram ran out of ammo and rushed to his home to fetch his 9mm, the gang tried to get their BMW through the electric gates - but couldn't.They then fled on foot. Mr Loram said he believes he injured two of them. When he returned to his office he found Mr Stenger - shot through the heart. Beeld newspaper surmises that Mr Loram may have shot dead Mr Stenger accidentially during the firefight - although offering no proof of this: it has to be established with forensic testing first. The police meanwhile have launched a 'murder' investigation and confiscated Mr Loram's revolver and at least eight 9mm spent cartridges.An injured black suspect was arrested at Nelspruit police station when he lodged a formal charge claiming his red BMW had been 'hijacked'. After checking the Sound Systems security cameras it was determined that the man had been amongst the armed robbers.Police arrested a black woman at a taxistand and questioned her about lending the red BMW to a man who claimed he wanted to attend a funeral with it. SAPS spokesman lt-col Leonard Hlathi said they released her. Mr Loram - who is a life-style trainer and dietician - was badly traumatised and unable to make a statement to the police.Mr Stenger was engaged to Ms René Roestorf and their wedding was planned for September.He leaves his mom Mrs Hannie Klokie and sisters Monika Stenger en Manuela Bergendahl. Beeld
Geboortedatum beraam
|
| 21-Jan-2012 |
Koos Bisschoff
| Avondale | NOORDWES |
Maryna Pieterse
8:48pm Jan 22
Avondale farmer Koos Bisschoff, 71, asbestosis sufferer, dies after brutal head-beating by five armed blacks
Rustenburg. – Die bejaarde asbestoselyer wat Maandag in die vroeë oggendure deur vyf rowers in sy plaashuis by Avondale aangeval is, is gister omstreeks 01:30 dood.
Mnr. Koos Bisschoff (71) is met ’n geweer oor die kop geslaan en het harsingskudding en breinbloeding opgedoen.
Weens die asbestose kon die dokters hom nie vir die breinbloeding en -swelling opereer nie.
... Mnr. Henning Bisschoff, sy seun wat sowat 10 km van hom af boer, sê die Peglerae-hospitaal in die stad waar Bisschoff sr. ná die aanval opgeneem is, het hom gister omstreeks 01:25 laat weet sy pa se toestand versleg.
’n Paar minute later het hulle gebel om te sê hy is oorlede.
Bisschoff sr. is tuis oorval nadat vyf rowers wat met ’n geweer gewapen was, me. Victoria Jabard, sy versorger, in haar kamer buite oorval en gedwing het om die huis oop te sluit.
Hulle het Bisschoff sr. met die geweer oor die kop geslaan en Jabard met plastiekbandjies vasgebind en ’n plastieksak oor haar kop getrek voordat sy in ’n kamer toegemaak is.
Die rowers het die huis omgedolwe en die kluissleutels gekry, maar nie die versteekte kluis nie.
Hulle het met Bisschoff sr. se rewolwer, twee selfone, geld, nege kaste bier en vyf kartonne sigarette (voorraad van ’n plaaswinkel wat in die huis gebêre was) in sy Mazda Drifter-dubbelkajuitbakkie gevlug.
Bisschoff laat nog ’n seun, Bielie, en twee dogters, mee. Heleen Naudé en Elize Oosthuizen, en sewe kleinkindersagter.
Naudé sê haar pa “was ’n baie hardkoppige, reguit mens. Mense het geweet waar hulle met hom staan”.
Volgens haar het hy benewens die asbestose ook emfiseem gehad.
geboortedatum beraam
|
| 20-Jan-2012 |
Frans Van Biljon
| Bronkhorsspruit | GAUTENG |
Frans van Biljon, 66, murdered driving between Bronkhorstspruit and Pretoria, forced off road, stabbed 8 times
* Location Boschhoek, Bronkhorstspruit, South Africa
* Date Jan 20 2012
Frans van Biljon, 66 murdered enroute between Bronkhorstspruit, Pretoria - forced off road, murdered - source:
Madelein Hamman of "Die Volkskommando", who writes:
Jan 21 2011 - Frans van Biljon (66) van Pretoria is gistermiddag na werk vermoor toe hy na werk oppad was huistoe vanaf Bronkhorstspruit na Pretoria in die area Donkerhoek/Boschhoek. Hy is vermoedelik van die pad af gedwing waarna hy uit sy bakkie forseer is. Daar was vermoedelik 'n struweling want sy liggaam was vol kneusplekke. Hy is 8 keer gesteek met 'n mes. 'n Plaaswerker het op hom afgekom. Sy beursie en selfoon is vermis asook die bakkie se sleutels.
Geboortedatum beraam
|
| 14-Jan-2012 |
Andries Du Toit
| | NOORDWES |
Boer vermoor op plaas oorkant dié van ET
2012-01-14 23:28
’n Boer en sakeman in die omgewing van Ventersdorp, mnr. Dries du Toit (56), is gister in die vroeë oggendure in sy huis vermoor.
Sy vrou, Lettie, ’n prokureur van Klerksdorp, is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem, terwyl sy suster, me. Elizabeth de Villiers (66), lig beseer is.
Volgens kapt. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het die aanval omstreeks 04:10 op die Du Toits se plaas Klipplaatdrift gebeur nadat vyf aanvallers toegang tot die huis verkry het.
“’n Stoeiery het tussen Du Toit en sy aanvallers ontstaan?en nadat hy dood is het hulle met gesteelde goedere gevlug.”
Myburgh sê Du Toit is nie geskiet nie.
Hy is na verneem word met ysters doodgeslaan.
Volgens ’n buurman van Du Toit, mnr. Chris Venter, is die plaas reg oorkant dié van die AWB-leier, mnr. Eugène Terre’Blanche, wat in April verlede jaar vermoor is.
Du Toit het onlangs ’n groot deel van sy grond deur die regering se grondhervormingsprogram verkoop. “Hy het ’n deel vir homself uitgehou waar hy besig was om ’n huis te bou. Hulle het al in die huis gewoon, maar dit is nog nie voltooi nie.”
Du Toit laat ook twee dogters agter.
Hulle is universiteitstudente en was nie ten tyde van die aanval tuis nie.
Geboortedatum beraam
|
| 07-Jan-2012 |
Ria Van Niekerk
| Dorp - Bronkhorsspruit | MPUMALANGA |
Rowers slaan vrou (81) erg in aftreeoord-huis
2012-01-10 21:35
Mev. Ria van Niekerk (81)
Fanie van Rooyen
’n Bejaarde vrou van Bronkhorstspruit is so erg deur rowers in die gesig geslaan in haar huis in ’n aftreeoord dat haar gesondheid erg agteruitgaan weens die skok van die aanval.
Mev. Ria van Niekerk (81) lê in ’n kritieke toestand in die waakeenheid van die Wilgers-hospitaal in Pretoria.
Twee rowers het haar Saterdagoggend vroeg in haar huis vasgebind en erg in die gesig geslaan.
“My ma was Saterdag kort ná die aanval eintlik baie kalm. Sy het ons presies vertel wat gebeur het en geen verwyte gehad nie.
Soos die skok stelselmatig ingetree het, het haar toestand egter al hoe meer versleg en dit gaan regtig nie goed met haar nie,” het me. Jani Combrink (51), een van Van Niekerk se drie dogters, gister gesê.
Van Niekerk se hart het glo in ’n stadium gaan staan en sy is tans aan ’n ventilator gekoppel.
“Sy kan op die oomblik nie self asemhaal nie en haar bloeddruk is baie laag,” het Combrink gesê.
Mnr. Dries Schreuder (59), Van Niekerk se skoonseun, het gesê ’n dokter het aan die familie gesê sy skoonma “het ’n skraal kans om te oorleef”.
Die rowers het volgens Combrink Saterdagoggend omstreeks 02:00 by die Ons Hoekie-aftree-oord oor Van Niekerk se muur gespring, ’n slaapkamervenster gebreek en daardeur geklim.
“Hulle het my ma se voete met ’n belt en haar hande met ’n serp vasgebind en nog ’n serp oor haar mond gebind,” het Combrink gesê.
“Hulle het haar so in die gesig geslaan dat haar oë bloedrooi en byna toegeswel was.”
Die twee rowers het Van Niekerk haar motorsleutels gevra en met haar TV, ’n radio en juwele in haar wit Mercedes-Benz A-klas gevlug.
Van Niekerk het haar losgewoel en moes daarna byna 200m loop om by ’n buurman hulp te gaan vra omdat haar naaste buurman nie tuis was nie.
Combrink het gesê haar ma was voor die aanval baie aktief en onafhanklik.
“Sy het alleen gebly, self rondgery en in die tuin gewerk. Sy was glad nie sieklik en hulpeloos nie.”
Combrink glo die rowers het haar ma moontlik as teiken gekies omdat sy alleen gebly en ’n motor gehad het.
Mnr. Johannes Japhta, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek sake van huisroof en poging tot moord.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Enigeen met inligting oor die voortvlugtiges of wat die gesteelde wit Mercedes-Benz (registrasienommer PWV 715 GP) opgemerk het, kan ao. Tosen by 082 698 8032 bel of die Bronkhorstspruit-speurtak by 013 932 9200.
Sterf in Wilgers Hospitaal op 13 Januarie 2010
Geboortedatum beraam
|
| 06-Jan-2012 |
Mona De Villiers
| Pretoria | GAUTENG |
Sasmart Suidafrika 11:16am Jan 7
January 6 2012 - Mrs Mona de Villiers, 86, brutally murdered by black attackers, Centurion home. between 9 amd 10am. As reported by Mr Cor Ehlers, chairman of the "Oase" group, which strives for Afrikaner autonomy inside South Africa.
(facebook: https://www.facebook.com/pages/OASE-Onafhanklike-Afrikaner-selfbeskikkingsekspedisie/221377837901182)
Mr Ehlers writes that his aunt Mona de Villiers was murdered at her Centurion home between 9am and 11am. 'She was 86 years old, very fit and healthy, and still drove her own car. She lived in the house with her younger sister - who went shopping at 9am and came across her murdered sister at the kitchen back-yard upon her return.
I had a very special tie with my aunt Mona, who was my mother's niece. Her car was used as a getaway car and the Toyota Corolla was found by the police a few blocks from the murder scene.
OASE: onafhanklike afrikaner selfbeskikkingsekspedisie:
|
| 06-Jan-2012 |
Patricia Joffe
| Centurion | GAUTENG |
It is with deep sadness that the SA Rhodesian Ridgeback Club announces the death of its former Treasurer, Pat Joffe, who was murdered (badly beaten and shot) on her plot in Mnandi, Centurion, on Friday 6th January.
Just a few days ago she put her name on the RR rescue list as, living alone, she felt that she needed to increase her security.
May she now be re-united with her faithful hounds that have gone before.
Geboortedatum onbekend asook woonadres.
|
| 02-Jan-2012 |
Smartryk Treurnicht
| Centurion | GAUTENG |
Samaritaan vermoor
2012-01-31 21:51
Neels Jackson - Beeld
’n Barmhartige Samaritaan is in Centurion vermoor, vermoedelik deur ’n Zimbabwiese man oor wie se gesin hy hom ontferm het.
Mnr. Smartryk Treurnich (37) is met ’n mes doodgesteek.
Treurnich was ’n pianis wat vroeër sewe jaar lank sy lewe in teaters gemaak het.
Sedertdien het hy egter ’n aandelemakelaar geword. Hy en sy vrou, Isabell, het ook ’n openbare hulporganisasie genaamd Collective Inheritance bedryf waardeur hulle mense in nood bygestaan het.
Mev. Treurnich het gister gesê hulle het hulle onder andere ontferm oor ’n gesin Zimbabwiese vlugtelinge. Hulle het vir dié gesin huisvesting in Wierdapark, Centurion, gekry.
Verlede week het die pa van die gesin gedreig om sy vrou dood te maak en sy het weggeloop. Hy was oortuig die Treurnichs weet waar sy is.
Ondanks hul ontkennings kon hulle hom nie van die teendeel oortuig nie.
Eergisteroggend is Treurnich na die huis in Wierdapark waar hy met ’n mes doodgesteek is.
Mev. Treurnich het gesê sy het in die loop van die oggend ’n op- roep van die Zimbabwiese man gekry.
Hy het aan haar gesê: “Ek het jou man. Gee my my vrou, dan gee ek jou jou man.”
Toe sy weer ontken dat sy weet waar sy vrou is, het hy die telefoon neergesit. Agterna wil dit egter lyk of haar man teen daardie tyd reeds dood was.
Op mev. Treurnich se Facebook-blad het talle vriende gister vertel watter wonderlike mens haar man was.
Een vriendin het geskryf: “As daar gesê kan word dat een persoon dit reggekry het om sy droom te droom, leef en sterf, dan was daar seker nog net een persoon en dit was ou Smartie. Hy het gelewe om ander te dien en het ook daarvoor gesterf.”
Begrafnisreëlings was gister nog nie getref nie.
Konst. Nare Setati en kapt. Agnes Huma, albei polisiewoordvoerders, kon in twee dae nie die moord op Treurnich bevestig nie.
Hulle kon ook nie sê of die verdagte steeds op vrye voete is nie, berig Gerhard Pretorius.
Geboortedatum beraam
|
| 02-Jan-2012 |
Hans Huyser
| Pad tussen Suncity en Ptretoria | GAUTENG |
Mnr. Huyser en nog iemand was op pad terug vanaf Sun City - hulle was genoodsaak om langs die pad stil te hou want hulle het twee bande beskadig in n slaggat en moes iets probeer doen.
Drie swart mense het, sonder om iets te praat, mnr. Huyser doodgeskiet, en daarna saam met nog n aantal mense doodluiters verder gestap asof niks gebeur het nie.
Verslag: Volgens Mej Huyser in n onderhoud met Radio Pretoria.
Mnr. Huyser se geboortedatum en woonadres in Pretoria is onbekend.
Artikel: Klik hier om aanlyn artikel te lees
|
| 01-Jan-2012 |
Maryna Prinsloo
| Stad Welkom | VRYSTAAT |
|
| 18-Dec-2011 |
David (Jnr) Botha
| Johannesburg | GAUTENG |
Seun van Kaapse skilder vermoor
2011-12-23 22:47
profiel Ilse Krige
STELLENBOSCH. – Die seun van een van Suid-Afrika se voorste kunstenaars is Sondagaand in sy huis in Bezuidenhoutsvallei, suidoos van Johannesburg, met ’n byl doodgekap.
Wyle David Botha, wat in die Paarl gewoon het, se seun en naamgenoot, mnr. David Botha jr. (58), is Maandag reeds deur sy werkgewer gesoek, maar sy liggaam is eers Woensdag ontdek.
’n Buurvrou van Botha, me. Sonja Schiessling, het gesê hy het voorheen dreigbriewe ontvang en sy motor is verlede jaar voor haar woonstel aan die brand gesteek.
“Woensdag het ek en twee vriende hom gaan soek by sy huis, want ons het bekommerd geraak omdat ons niks van hom hoor nie. Ons het hom daar gekry. Alles was vol bloed en daar was ’n byl.”
Me. Jane Botha (82), David jr. se ma, het gister uit die Paarl gesê sy het 20 jaar ouer geword sedert die familie die skoknuus gekry het.
“Ag, hy was só talentvol, maar hy het in die skaduwee van sy pa gelewe. Hy was baie kreatief, geweldig veelsydig, maar hy het nooit soveel erkenning gekry nie. Sy passie was om veteraankarre te restoureer – hy was gaga oor hulle!”
Botha se dogter, me. Stephanie Botha (21), is tans in Chili.
Amanda Roestoff berig uit Johannesburg brig. Danie Louw, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie se taak om Botha se liggaam op te spoor, is bemoeilik deur die groot hoeveelheid skrootyster in die huis. Sy liggaam is in ’n gang onder ’n hoop ysters gevind.
“Ons het ’n byl gekry, wat ons vermoed die moordwapen is.”)Botha sr. (1921-1995) word gereken as een van die ou meesters van die Suid-Afrikaanse skilderkuns. Sy naam word in dieselfde asem genoem as dié van Hugo Naude, Terence McCaw en Nita Spilhaus.
- Die Burger
Geboortedatum beraam
Woonadres onbekend
|
| 15-Dec-2011 |
Cyril Kraupse
| Port Elizabeth | OOS-KAAP |
|
| 13-Dec-2011 |
Frederick J V Z Snyders
| Merweville | WES-KAAP |
Maryna Pieterse 3:20pm Dec 13
Teen arrested for shooting farmer
2011-12-13 11:32
A 17-year-old youth has been arrested for the murder of a farmer in Merweville, in the Western Cape, police said on Tuesday.
Preliminary investigations show that Frederick J v Z Snyders, 35, and his wife were sitting on their porch when one of their farm workers walked up to them on Monday evening, said Captain Malcolm Pojie.
"He took the deceased's rifle out of the bakkie that was parked outside and suddenly fired a shot in his direction, killing him instantly with a single gunshot to his head."
The youth fired further shots at the farmer's wife but missed. He later handed over the 243 Ruger rifle to the wife before handing himself over to the police.
Pojie said the youth worked on the farm at the time of the incident.
"The motive for this murder is believed to be an argument between the farmer and the youth on Monday afternoon," Pojie said.
He will appear in the Leeu Gamka Magistrate's Court on a charge of murder on December 15.
- SAPA
Geboortedatum beraam
|
| 13-Dec-2011 |
Rodney Jack Bertz
| Kaapstad | WES-KAAP |
Oupa (74) by kinders vermoor
2011-12-14 00:00
KAAPSTAD
’n Gesin van Durbanville is in rou gedompel nadat hul pa en oupa gister omstreeks 07:20 in ’n rooftog in hul huis doodgeskiet is.
Mnr. Rodney Jack Bertz (74), ’n inwoner van Durban, is gisteroggend in sy dogter se huis in die stil, lowerryke woonbuurt Tara in Durbanville doodgeskiet.
Die oorledene en sy vrou (73) was met vakansie in Kaapstad en het by hul dogter (45) en skoonseun tuisgegaan.
Volgens lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het drie onbekende mans die dubbelverdiepinghuis in Constantia- straat binnegegaan kort nadat die stoep se skuifdeur oopgesluit is. Hier het hulle die oorledene se dogter gekonfronteer.
Een van die rowers is na die boonste verdieping van die huis, waar hy Bertz teëgekom het. Bertz is in ’n konfrontasie met die rower in die bors geskiet. Hy het op die toneel gesterf.
Die rowers het in ’n ligte afleweringsvoertuig van die toneel gevlug.
Hulle het ’n onbekende bedrag kontant gesteel.
Traut het gesê die vrou se skoonma (76) gaan ook daar tuis vir haar vakansie.
Die vrou, haar sesjarige tweeling, sowel as haar ma en skoonma is ongedeerd.
Volgens inligting wat Die Burger ontvang het, was die oorledene, sy vrou en sy dogter se skoonma op die boonste verdieping.
Een van die rowers het glo teen die trappe opgehardloop.
’n Skoot is gehoor en die rower het die trappe afgehardloop en saam met sy twee makkers op vlug geslaan.
Met Die Burger se aankoms by die huis gisteroggend was die polisie se forensiese ondersoekers nog besig om die toneel te fynkam.
Bertz se skoonseun wou nie dat sy gesin met die media praat nie. Hy het gesê dit is ’n moeilike tyd vir hulle en het gevra dat hulle in vrede gelaat word.
Hy was nie ten tyde van die rooftog tuis nie.
Traut het gesê die polisie vermoed dat die rowers gewag het totdat hy die huis verlaat, waarna hulle toegeslaan het.
Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie.
Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om die polisie by die Stop Misdaadnommer 0086 001 0111 te kontak.
- Die Burger
Geboortedatum beraam
|
| 10-Dec-2011 |
Ruan Coetzee
| Pretoria | GAUTENG |
Vrou sterf maand ná sy in kop geskiet is
2012-01-06 21:30
Fanie van Rooyen
’n Vrou wat op 10 Desember in die kop geskiet is tydens ’n huisrooftog in Wonderboom, Pretoria, is gisteroggend vroeg in die Steve Biko-hospitaal oorlede.
Mev. Linda Coetzee was sedert die kopskoot waarin sy haar regteroog verloor het onder swaar verdowing in dié hospitaal.
Mnr. Mike Bolhuis, spesialis-ondersoeker, het vroeër namens die gesin gesê as Coetzee wel sou bykom, sy ernstige breinskade sou hê.
Die vier rowers het haar seun Ruan (21) ses keer geskiet.
Hy is ’n paar dae later breindood verklaar.
Ruan se vriendin me. Rozanne Oeschger (20) is skrams in die been getref.
Coetzee se man, Kobus, ’n oud-Suid-Afrikaanse spiesgooier, is onlangs uit die Montana-hospitaal ontslaan nadat hy tydens die aanval twee keer in die maag geskiet is.
Die Coetzee-egpaar se jongste seun, Dewald (19), was nie tydens die aanval tuis nie.
Bolhuis het gister gesê ’n tweede moordklag sal nou by die saak gevoeg word.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
|